The Marketing Zoo vier 10 jaar tydens Jungle Globes spogaand.

The Marketing Zoo vier 10 jaar tydens Jungle Globes spogaand.

The Marketing Zoo is ‘n storie van hoop, passie, en ’n groot droome – so het Wian Smith-Venter in 2014 sy eie maatskappy begin. Tien jaar later, word The Marketing Zoo as een van die land se grootste bemarkingsmaatskappye geag. Hierdie dinamiese kragstasie transformeer handelsmerke deur innoverende strategieë en kreatiewe uitnemendheid.

The Marketing Zoo – ‘n Dekade van Sukses

Op ‘n skouspelagtige aand in Pretoria het The Marketing Zoo hul tiende bestaansjaar gevier. Dit was ’n geleentheid gevul met glans, styl en ongelooflike vermaak. Kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren, Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Droomsindroom, Martin Bester, Gretha Pers, Jemma Catherine, en Zanzi Africa het die aand op die verhoog oorgeneem, elk met hul unieke talent wat die gehoor betower het.

Die rooitapyt was gevul met glanspersoonlikhede en bekendes wat almal gekom het om hierdie besonderse mylpaal saam met The Marketing Zoo te vier. Die atmosfeer was elektries en die aand is afgesluit met vuurwerke en ‘n onvergeetlike partytjie.

  • Zoo 1 min
  • Zoo 2 min
  • Zoo 3 min
  • Zoo 4 min
  • Zoo 5 min
  • Zoo 6 min
  • Zoo 7 min
  • Zoo 8 min
  • Zoo 9 min
  • Zoo 10 min
  • Zoo 11 min
  • Zoo 12 min
  • Zoo 13 min
  • Zoo 14 min
  • Zoo 15 min

‘n Terugblik op Tien Jaar se Prestasies

Die merkwaardige prestasie hierdie maatskappy kom te midde van uitdagende ekonomiese klimate die afgelope tien jaar, insluitend die teisterende Covid-19-pandemie wat veral die vermaaklikheidsindustrie getref het. Hulle het ’n groot aandeel in die vermaaklikheidswêreld met verskeie kunstenaars, feeste, en projekte wat hul dienste gebruik.

“Ek het nog altyd geglo dat as jy iets met hart en siel doen, sukses sal volg. Ek is dankbaar vir die ongelooflike span wat ek om my het en vir al die mentors in my lewe wat my so geskaaf en beïnvloed het tot waar ons vandag is,” vertel Wian, wat sy taak as uitvoerende hoof van The Marketing Zoo wêreldwyd vanaf Nederland uitvoer.

Wian is reeds sedert 2008 doenig in die vermaaklikheidsindustrie en het heel onder begin deur albums te verkoop by konserte. Hy het ook verantwoordelikheid geneem vir van Suid-Afrika se grootste en gewildste kunstenaars en was betrokke by baie suksesvolle projekte en internasionale geleenthede soos die toere van BZN en Dana Winner.

“Ek kan net terugkyk en dankbaar wees oor elke op én af waarin ek baie kosbare lesse kon leer,” het hy vertel.

Internasionale Uitbreiding en Groei

In 2021 sprei The Marketing Zoo sy vlerke en betree die internasionale mark. “Ek het geweet dat met bietjie bloedsweet om die ritme in plek te kry, ons wel nogsteeds bestaande en nuwe besighed in Suid-Afrika sal kan laat voortleef en aan die internasionale besigheid bou,” vertel Wian.

Bykans vier jaar later brei hul steeds uit met Wian wat gereeld in Suid-Afrika kuier om kliënte te bedien en mede-direkteurs, Ilzé Saunders Neethling en Pieter Smith, wat die boot hier stuur, te ondersteun.

‘n Span van uitnemendheid

Ilzé Saunders Neethling, die bemarkingsdirekteur, moet voortdurend met nuwe strategieë en konsepte vorendag kom om kliënte in ’n uitdagende bemarkingsomgewing een stap voor hul kompeteerders te hou. “Die bemarkingslandskap verander konstant en ons moet aanpas om relevant te bly,” het sy opgewonde vertel.

Pieter Smith, finansiële direkteur, het vertel dat soos die ekonomie verander, dit ook uitdagings aan The Marketing Zoo skep. “Ons is trots en geseënd dat ons deur goeie strategiese beplanning daarin geslaag het om nie net te oorleef nie, maar ook te groei.”

Vermaak in Nederland en Suid-Afrika

In Nederland het laat hul nie op hul wag nie en het reeds verskeie uitverkoopte konserte in Amsterdam aangebied soos Nataniël in Concert, Best of Demi Lee Moore, Afrikaans is Lekker, Karen Zoid en meer.

In Suid-Afrika is die span aan die stuur van groot feeste se bemarking, aktiverings vir handelsmerke en ook die bemarking van opwindende bootvaarte deur Super Events. Hulle hanteer ook die mediaskakeling van verskeie kunstenaars en korporatiewe kliënte. “Ons bied vir ons kliënte ‘n 360° oplossing,” het Vicki Rothman van der Merwe, hoof van die PR en Events Departement, gesê.

Dankie van Plectrum

Ons by Plectrum is ongelooflik dankbaar dat ons genooi was om hierdie skouspelagtige viering by te woon. Dit was ’n voorreg om deel te wees van hierdie spesiale geleentheid en ons sien uit na nog baie jare van sukses vir The Marketing Zoo.

Sosiale Media

Facebook, Instagram