Augi debuteer met enkelsnit “Jealous”

Augi debuteer met enkelsnit “Jealous”

Hierdie is verseker een van die mees opwindende vrystellings in Suid-Afrika.  Die lied is opbouend van aard en vertel die verhaal van hoe die buiteperd swaarkry, bespotting en twis oorwin het.  Ontmoet vir Augi met sy debuut enkelsnit, “Jealous”.  Hierdie lied gaan jou laat snak na jou asem.

Augi – Jealous

Augi is sonder twyfel een van die mees gesogte kunstenaars op die Suid-Afrikaanse musiektoneel.  Sy musiek is energiek en `n samesmelting van Hip Hop en Keltsrym.

Die lied is vervaardig deur Peach van Pletzen en gemeng deur Jan Bloukaas.  Die lirieke is sterk wat komplimenteer word deur `n meevoerende melodielyn.

Augi, ook bekend as Bordeaux Augustyn, is afkomstig van Port Elizabeth.  Hy het grootgeword in Mosselbaai.  Sy kinderjare was belaai met beslommernis wat hom forseer het om op die ouderdom van 12 sy ouers se huis te verlaat.

Hy is verder deur sy ouma grootgemaak wie graag vir hom stories van sy oupa vertel het.  Hierdie oupa wat hy nooit geken het nie, het uiteindelik sy grootste inspirasie geword – die man met die naam “Augi”.  So bring hy vandag hulde aan hierdie held.

Sy liefde vir Hip Hop het ontstaan die dag in 1997, toe sy ouma vir hom R100 gegee het om `n CD mee te koop.  “Ek was op pad om `n Backstreet Boys CD te koop, maar op pad na die rak het ek verby `n kunstenaar met die naam Ishmael se album geloop – dit het dadelik my aandag getrek.  Ek het dit gekoop en kliphard aangesit om na te luister.  Alhoewel ek nie `n dooie woord kon uitmaak wat hy sing nie, het ek verlief geraak op die musiek.”, vertel Augi.

Tydens en na skool het Augi uitgeblink in die kunste asook die sportveld.  Hy het opgetree in verskeie pantomimes by die George Teater.  Hy het ook rugby gespeel in die Craven Week.  Later het hy `n sportbeurs gekry om aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom te gaan studeer.  Hier word hy deel van die improve komedie groep “Lagnes”.

Augi het saam met die groep groot dele van SA getoer.  Lagnes het ook `n tyd lank `n program op kykNET gehad.

As `n solo kunstenaar is hy aangewys as een van die finaliste in die kykNET talentkompetisie, “Die Sanger”.

In 2015 tree hy ook op as aanbieder op SuperSport vir die 2015 Rugby World Cup Magazine show.

Hy streef steeds daarna om `n balans te handhaaf tussen sy sport en kultuur en wys daarop dat dit nou die tyd was vir `n skuif in hierdie rigting.  “Ek het vele geleenthede gehad om die musiekbedryf te betree, maar ek het gewag vir die regte oomblik, die perfekte tyd.  Dié tyd het nou aangebreek.”

“My musiek het ontwikkel en kan nou `n verskil maak in die lewens van jongmense.  Ek wil mense inspireer om hul problem te oorkom.  `n Boodskap van hoop wat sonder vuiltaal belaai is – iets cool wat bo aan die speellys geplaas kan word.”

“Jealous” is `n “anthem” vir elkeen wat al moes hoor dat hy/sy nie goed genoeg is nie, wat moes hoor dat hulle nie sal slaag nie en dat hul omstandighede hul sal onderkry.

“Jealous” is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

Volg vir Augi op sosialemedia:

Facebook

Vir verdere inligting, kontak Tania 072 194 2794 or [email protected]

Leave a Reply