Karlien van Jaarsveld se Nuwe Enkelsnit: KATRIENTJIE KATRYN

Karlien van Jaarsveld se Nuwe Enkelsnit: KATRIENTJIE KATRYN

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, KATRIENTJIE KATRYN, uitgereik. Hierdie roerende liedjie, deur Karlien self geskryf, bied ’n insiggewende blik op haar innerlike reis.

Die Innerlike Reis

“Ek het myself toegelaat om op ’n pelgrimstog te gaan ’n jaar terug waar ek myself, geloop het deur die tydlyn van my lewe. Baie van ons het trauma in ons kinderlewens gehad en baie keer kies ons om dit nie te onthou nie,” het Karlien gesê.

Die Brein se Beskerming

“Die brein het ’n manier om dit toe te maak, amper asof dit nooit gebeur het nie. Die probleem is dat dit baie keer ’n selfvernietigende of ’n ‘bloei op die rondom jou’ resultaat oplewer in jou grootmens lewe. In daai kleintyd oomblikke van seerkry voel mens partykeer jy het jouself ook op daai plek in tyd agtergelaat net soos ander het en omdat ’n kind opkyk na die volwassene glo hy of sy eerder die volwassene se manier van kyk of reageer op die situasie, dan word dit soos ’n kamer wat se deur toegetrek word en nooit weer oopgemaak word nie, maar die kamer is altyd daar.”

’n Reis Terug in Tyd

Volgens Karlien het sy gekies om terug te gaan in haar tydlyn om al die donker toegemaakte kamers te besoek en by haar kleiner self te gaan sit om saam haar die oomblikke te herleef en dan het sy ’n nuwe perspektief daarop gevra van die Here.

“Waar was Hy in dit? As jy saam Hom wat die Kunstenaar is die gebeurtenis kan herleef, gee Hy Sy perspektief daarop en verander die swaartekrag van daai oomblik in iets wat ligter word.”

Lig in die Donker

“As die kamer se deur oopgaan, kom die lig in. Dan as ek ’n nuwe waarheid van die oomblik kon vasmaak, tel ek haar daar op en maak haar weer deel van my in vandag. Ek dink baie mense loop met ’n helfte of ’n kwart van hulself rond in vandag en voel leeg en baie keer alleen sonder dat hulle verstaan hoekom. Die resultaat daarvan presenteer op verskillende maniere.

Depressie, verslawings, selfmoord, narsisime, ensovoorts… of jy loop net weer in die sirkelgang van wat jy geken het en doen dit weer aan ander. My naam beteken ‘free spirit’. Ek het altyd hierdie diep behoefte om so vry en lig as moontlik oor die aarde te kan beweeg in ’n heelheid soos wat die Kunstenaar my geskep het in ’n tyd voor tyd.”

Die Musiekvideo

’n Pragtige musiekvideo wat deur Gerduan Kemp verfilm is, beeld die liedjie in sy geheel uit. In die musiekvideo vertolk Elah, Karlien se dogtertjie, Karlien as kind uit.

“Elah vertolk die rol van die jonger ek waar ek haar onthou op plekke in ou spasies en haar dan vandag daar optel om deel te word van my. Ek dink dis spesiaal want ons het dit gaan skiet by my ma se huis,” verduidelik Karlien.

Karlien se Toekomsplanne

Alhoewel ma-wees Karlien se top prioriteit is, is sy wel besig om te skryf aan ’n boek. Verder sonder sy die hoogtepunt van haar loopbaan as volg uit: hoe haar verstand en verstaan van dinge kan vernuwe sodat sy nuwe musiek kan skryf.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram