Nuwe era vir Neil Sandilands

Nuwe era vir Neil Sandilands

Hierdie album, “Land & Sand” deur Neil Sandilands, het ontstaan deur die behoefte om die normale gang van sake te hersien en te optimaliseer. Dit was ’n tyd van kompleksiteit en onsekerheid. Bellville Studios het Kaapstad toe geskuif; dit is die laaste album wat ooit by die bekende Bellville Studios gemaak is. Die tydsdruk was intens, maar ook poëties, aangesien ek “Land & Sand” saam met my jarelange vriend en vervaardiger, Theo Crous, kon vergestalt. Ons het die album binne drie weke voltooi, wat ‘n ongelooflike prestasie was.

Land & Sand Toer

Tweedens is daar die opkomende “Land & Sand” toer, wat op 27 Junie 2024 begin en op 4 Augustus eindig. Ons doel is om die “lewendige uitvoerings” van my werke altyd nuut en vars te hou. Dit was dus sinvol om die nuwe liedjies so vinnig moontlik by die ateljee op te neem, sodat ons dit saam met die toer kan aanbied. Ons sal natuurlik ook van die meer bekende, ouer werke speel, wat ’n “kraakvars element” aan die toer verleen.

Skakels vir Kaartjies en Toerskedule

Hier is handige skakels waar ’n mens kaartjies kan koop vir die Land & Sand toer, asook die toerskedule:

Liedjies en Omslag

Die liedjies op dié album is alles wat ek in my agtersak gehad het, wat ek tussen die vervaardiging van reekse en films kon aanbied. Dis ’n direkte en persoonlike blik op die onmiddellikheid van my resente bestaan, terug in die Overstrand, Onrus, Suid-Afrika. Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, veral omdat daar nie veel tyd was vir oor-analise of tierlantyntjies nie. Dis min of meer so: “Hier is dit, dis wat ons kon regkry in die drukgang, hoop julle hou daarvan”.

Die omslag vir die album is ’n historiese oomblik. Dit is ’n ou Polaroid foto wat ek in my stoor in Sandbaai gevind het, geneem tydens ’n revue by Laerskool Randfontein in 1982. Ek het ’n solo van David Kramer se “Hak Hom Blokkies” gesing. Ek was 6 jaar oud. Die omslag verbind die verlede en die hede, met ‘n spesiale verwysing na die snit “Gooi Kole”. Ek verwag dat hierdie lied soos ’n virus sal versprei.

Persoonlike Gunstelinge

My persoonlike gunstelinge op die album is “Hephzibah” en “Lei my na die Water”, maar elke snit op die album is vir my belangrik. Ek staan Pa vir elkeen.

Die Band en Ander Musikante

Ek het die werke geskep met die hoop om “Die Band” (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) te betrek. Almal het hul eie professionele trajekte en Ronan het na Ierland verhuis. Ons het ’n klein venster van moontlikheid gehad om dit te doen, en ons het dit aangegryp. Hulle speel almal op die album en sal ook deel wees van die lewendige uitvoerings. Ander musikante op die album is Melissa van der Spuy (Klawers), Inge Beckmann (backing vox), Theo Crous (addissionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).

Eindgedagtes

Ek is oorstelp met die uitkoms. Miles Davis het gesê: “There is no inspiration such as a deadline”. Die proses het my geleer dat daar veel waarde is om meer intuïtief en instinktief te werk. Met die album dink ek, kom ek nader aan primitiewe impulse.

Beskikbaarheid en Skakels

Die Land & Sand album is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier: Land & Sand

#Land&Sand #neilsandilands
Vir navrae: [email protected]
Neil Sandilands Webwerf

Sosiale Media