POP DIVAS – ‘n Huldeblyk aan musiek legendes met die ikoniese BONNIE TYLER en meer! 

POP DIVAS – ‘n Huldeblyk aan musiek legendes met die ikoniese BONNIE TYLER en meer! 

Maak gereed om betower te word deur die internasionale toerproduksie, POP DIVAS, wat binnekort Suid-Afrika gaan tref. Hierdie onvergeetlike huldeblykvertoning bring die ikoniese BONNIE TYLER en ‘n indrukwekkende samewerking van legendariese vroulike popikone na ons land.

POP DIVAS beloof ‘n buitengewone aand van musiek, met unieke duette tussen legendes soos Whitney Houston, Tina Turner, Amy Winehouse, Sinead O’Connor, en Olivia Newton-John. Dié treffers sal vertolk word deur van die beste popdivas wat Suid-Afrika nog ooit gesien het, met die fenomenale Bonnie Tyler aan die voorpunt. Tyler is wêreldbekend vir haar tydlose treffers soos TOTAL ECLIPSE OF THE HEART en HOLDING OUT FOR A HERO.

Saam met Bonnie Tyler sal Suid-Afrika se eie PJ Powers haar betowerende stem laat hoor, en jy sal ook die talent van Ellen Foley kan beleef, bekend vir haar wêreldtreffer PARADISE BY THE DASHBOARD LIGHT saam met Meat Loaf.

Die POP DIVAS huldeblykvertoning vind plaas op Sondag, 17 November, in die SunBet Arena in Pretoria. Met ‘n magiese dekorontwerp en ‘n indrukwekkende orkes, onder leiding van die bekende Floors Oosthuizen, sal hierdie internasionale vertoning beslis ‘n plaaslike geur hê.

Die aand se gasvrou, Nádine, sal saam met die popsensasie Blackbyrd die reënboognasie verteenwoordig. Blackbyrd se Tarryn, Tasha, en Taché sal in country-klere en stewels optree om ‘n opregte huldeblyk aan Dolly Parton se tydlose liedjies te bring. Hulle gaan ook hulde bring aan The Supremes, met elke diva wat op unieke wyse saamwerk met die ander.

Maak gereed om saam te “Waka Waka” met Shakira – dit is werklik Die Tyd vir Afrika!

Die skouspelagtige POP DIVAS vertoning sluit ‘n kombinasie van Madonna en Mariah Carey treffers in, ‘n super Donna Summer mengsel, ‘n Latynse Gloria Estefan aanslag, en ontmoetings tussen Adèle en Katy Perry – en soveel meer. Hierdie buitengewone snitlys en talentvolle kunstenaars, saam met ongelooflike dekor en ‘n fantastiese orkes onder leiding van Floors Oosthuizen, beloof om ‘n aand van musiek en nostalgie te skep wat jy nie sal wil misloop nie.

POP DIVAS is ‘n viering van die stemme wat ‘n era gedefinieer het, en dit is werklik ‘n vertoning wat jy nie mag misloop nie. Opwindende opnames sal ook vir internasionale TV-stasies gemaak word.

Vir meer inligting en kaartjies, besoek webtickets.co.za of popdivas.live.