Wayne Cumming – Teen my wil

Wayne Cumming – Teen my wil

Wayne Cumming is terug op die toneel met sy tweede enkelsnit TEEN MY WIL. Dit volg na die bekendstelling van sy suksesvolle enkelsnit UNTIL I FORGET YOU wat geskryf en vervaardig is deur Daniel Baron.

TEEN MY WIL is ‘n lied wat kom uit die pen van Johan Oberholzer en is vervaardig deur Vincent Gordon. Die lied het een doel en dit is om ‘n kragtige dansvloernommer te wees.

Die lied is gevul met hoë energieke sintetiese klanke, ritmiese dromme wat omlyn word met Wayne se falsetto stemtoon. Die lied sal virseker aanklank vind by enige dansmusiekliefhebber.

Wayne Cumming wat bekend is vir sy balades het onlangs sy solo loopbaan met durf aangepak. Hy spog reeds met vertonings regoor Suid-Afrika asook die buiteland.

Sy studies in Dramatiese Kuns en Film het om omskep in ‘n drievoudige bedreiging en spesialiseer hy in sang, dans en toneelspel.

Die afgelope 17 jaar het hy nie net vir Garth Taylor as agtergrondsanger opgetree nie, maar spog hy ook met musiekvertonings by Sun City, Ceasars Palace, Barnyard Theatre en Carnical City.

Hy neem talle weergawes van Afrikaans en Engelse liedere op wat reeds spog met meer as 100 000 stromings.

Die lied is tans beskikbaar op alle aanlyn platforms. https://linktr.ee/waynecumming

SOSIALE MEDIA

Instagram, Facebook, Twitter